Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weer in die Ark" deur TOTIUS
"Weer in die Ark" deur TOTIUS [boodskap #19671] Ma, 28 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WEER IN DIE ARK
Totius

Stormwaters van die Wêreldvloed
het eindelik skuimend uitgewoed.
'n Duif het Noag uit laat vlieg,
die't oor die golwe heengevlieg.

Maar bo dié ongestuime vloed,
was daar geen rusplek vir sy voet.

Uit koue wêreld, wind en weer,
het dit na Noag teruggekeer.

Hy't met sy hand die swerweling,
weer in die ark teruggebring.
Vorige onderwerp: "Eerste Nag" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: Uit "Kleuterverse" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:59:02 MGT 2024